About Jovan & Thelma:
Jovan en Thelma tree die afgelope 7 jaar saam op na hul in die 3e plek die knie gebuig het in die alombekende Kyknet Zing kompetisie. Meer as 350 000 inskrywings was ontvang vir hierdie kompetisie wat gerig was op sangpare, en aangebeid was op ‘n bekende Afrikaanse DSTV televisiekanaal, Kyknet.
Na Zing het die paartjie ‘n kontrak gesluit met ‘n vooraanstaande platemaatskappy, SMP (Snyman Musiek Produksies) beter bekend as “Die Broers” (Christo en Cobus/ Nic Stevens) Hierdie verbintenis het hul musiekloopbaan tot nuwe hoogtes aangevuur.
Jovan en Thelma het al by groot korporatiewe geleenthede en feeste opgetree en die verhoog gedeel met bekende name soos Danie Niehaus, Kurt Darren, Die Broers, Mynie Groove, Steve Hofmeyr en vele meer.
Die musikante het ook individuele doelstellings bereik met Jovan wat gedurende 2009 klavier gespeel en gesing het op ‘n televisieprogram, Kyknet Country. Kort daarna is hy genader om saam met Juanita du Plessis op te tree as agtergrondstem vir haar Platinum optrede by Grandwest Casino voor 5 000 toeskouers. Jovan het ook die klawerbord gespeel op die Broers se nuwe DVD “10 000 myl”.
Thelma het in 2003 ingeskryf vir Idols, waar sy onder die Top 10 geeindig het. Sy het ook die eerste plek verower in ‘n gewilde nasionale gospel sang kompetisie, Tehilah.
Die duo was onlangs genader om die Franse Volkslied te sing op Nuweland voor 45 000 ondersteuners toe Suid-Afrika met Frankryk afgereken het. Hierdie gebeurtenis wat die 12 Junie 2010 plaasgevind het was ook uitgesaai op internaionale televisie kanale waar hul gehoor gegroei het tot ‘n paar miljoen mense.
‘n Paar hoogtepunte sluit in :
Optedes by
- Openingsaand van SAB Knysna se depo
- Openingsaand van die Wêreldbeker 7’s Rugby toernooi
- Ontbyt Vergadering vir Hellen Zille
- Old Mutual se fondsinsameling
- Sanlam se jaareind funksies
- Vodacom se spanbou funksie in Kaapstad
- “Supersport Celebrity Shootout”
- “Ernie Els Invitational” by Fancourt George 2 jaar in ‘n ry
- Verskeie funksies vir SARU (Suid Afrikaanse Rugby Unie)
- Verskeie funksies vir Mercedes-Benz Suid-Afrika insluitend nuwe motor vrystellings van die Mercedes M-klas, S-Klas en meeste van hul jaareind funksies.
- Mev Suid Afrika gala geleentheid
- “Fancourt Golf & Country estate”, George vir 4 jaar as hul “in-house entertainment”
Hierdie is slegs ‘n paar.
Hierdie sangpaar se diverse musiekstyl beloof om enige gehoor te akkomodeer hetsy dit ‘n korporatiewe funksie, ‘n fees, ‘n dans of slegs agtergrond musiek is. Hul tree ook soms saam met ‘n orkes op indien die kliënt dit sou versoek.
Alle klank, beligting en tegniese aspekte word deur hul en hul tegniese span verskaf.
Jovan en Thelma se album bring ‘n vars, nuwe klank na die Suid-Afrikaanse musiekmark , met twaalf oorspronklike snitte, sowel as een liedjie wat geskryf is deur die bekende sanger, Steve Hormeyr.